Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    HOOFSTUK VYF—DIE VIERING VAN DIE SABBAT

    (Deel VI, bls. 349-368.)

    DAAR is groot seëninge verbonde aan die viering van die Sabbat, en God wil dat die Sabbat ‘n dag van vreugde vir ons sal wees. Daar was blydskap toe die Sabbat ingestel is. God het met voldoening neergekyk op Sy handewerk. Hy het alles wat Hy gemaak het “Baie goed” genoem. Gen. 1: 31. Hemel en aarde het gejuig. “Toe die moresterre saam gejubel en al die seuns van God gejuig het.” Job 38: 7. Alhoewel die sonde die wêreld binnegedring het om Sy volmaakte werk te bederf, gee God nogtans aan ons die Sabbat as ‘n bewys dat die Almagtige God, oneindig in goedheid en genade, alle dinge geskape het. Ons hemelse Vader verlang om deur die viering van die Sabbat die kennis van God onder die mense te bewaar. Hy verlang dat die Sabbat ons harte tot Hom, as die ware en lewende God, sal trek, en dat ons deur Hom te ken, lewe en vrede mag hê.UG1 32.1

    Toe God Sy volk Israel uit Egipte verlos het en aan hulle Sy wet gegee het, het Hy hulle geleer dat hulle deur Sabbatviering van die afgodedienaars onderskei sal wees. Dit is Sabbatviering wat die verskil aangetoon het tussen diegene wat die heerskappy van God erken het, en diegene wat geweier het om Hom aan te neem as hulle Skepper en Koning. “Tussen My en die kinders van Israel is dit vir ewig ‘n teken,” het die Here gesê. “En die kinders van Israel moet die Sabbat onderhou, deur die Sabbat te vier in hulle geslagte as ‘n ewige verbond.” Exod. 31: 17, 16.UG1 32.2

    Net soos die Sabbat gegee is as ‘n teken wat Israel onderskei het toe hulle uit Egipte gekom het om die aardse Kanaan binne te gaan, is dit vandag ook die teken wat Gods volk onderskei waar hulle uit die wêreld uitkom om die hemelse rus in te gaan. Die Sabbat is ‘n teken van die verhouding tussen God en Sy volk—’n teken dat hulle Sy wet in ere hou. Dit is die teken wat Gods lojale onderdane onderskei van die oortreders van Sy wet.UG1 32.3

    Uit die wolkkolom het Christus aangaande die Sabbat verklaar, “Julle moet sekerlik My Sabbatte onderhou, want dit is ‘n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek die Here is wat julle heilig.” Exod. 31: 13. Die Sabbat wat aan die wêreld gegee is as teken dat God die Skepper is, is ook die teken dat Hy die Heiligmaker is. Die krag waardeur alle dinge geskape is, is ook die krag wat die siel weer herskep in Sy ewebeeld. Die Sabbat is die teken van heiligmaking aan diegene wat dit onderhou. Ware heiligmaking beteken eenheid met God, gelykheid aan Sy karakter. Dit word verkry deur gehoorsaamheid aan daardie beginsels wat ‘n afskrif is van Sy karakter. En die Sabbat is ook die teken van gehoorsaamheid. Hy wat van harte die vierde gebod gehoorsaam, sal ook die hele wet gehoorsaam. Hy word geheilig deur gehoorsaamheid.UG1 33.1

    Aan ons, sowel as aan Israel, is die Sabbat gegee as ‘n “Ewige verbond.” Aan diegene wat die Sabbat eerbiedig is dit gegee as ‘n teken dat God hulle erken as Sy uitverkore volk. Dit is ‘n pand dat Hy Sy verbond met hulle sal nakom. Elke siel wat die teken van Gods regering aanneem, plaas homself onder die ewige goddelike verbond. Hy verbind homself met die goue ketting van gehoorsaamheid, elke skakel waarvan ‘n belofte is.UG1 33.2

    Die vierde gebod is die enigste een van die tien wat die seël van die Groot Wetgewer en Skepper van hemel en aarde bevat. Diegene wat hierdie gebod gehoorsaam, neem Sy naam aan, en al die seëninge wat daaraan verbode is, is hulle s’n. “En die Here het met Moses gespreek en gesê: Spreek met Aaron en sy seuns en sê: So moet julle die dinkers van Israel seen deur vir hulle te sê: Die Here sal jou seën en jou behoed; Die Here sal Sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; Die Here sal Sy aangesig oor jou verhef en vir jou vrede gee. So moet hulle dan My Naam op die kinders van Israel lê; en Ek sal hulle seen.” Num. 6: 22-27.UG1 33.3

    Deur Moses is ook die belofte gegee: “Die Here sal jou vir Hom as heilige volk bevestig soos Hy vir jou gesweer het, as jy die gebooie van die Here jou God hou en in Sy weë wandel. En al die volke van die aarde sal sien dat die Naam van die Here oor jou uitgeroep is. ... En die Here sal jou die kop en nie die stert maak nie, en jy sal net bo-op en nie onder wees nie as jy luister na die gebooie van die Here jou God wat ek jou vandag beveel om te hou en te doen.” Deut. 28: 9-13.UG1 34.1

    Die Psalmis, onder invloed van die Heilige Gees, sê: “Kom, laat ons jubel tot eer van die Here, laat ons juig vir die rots van ons heil! . .. Want die Here is ‘n grote God, ja ‘n groot Koning bo al die gode. In wie se hand die diepste plekke van die aarde is, en die toppe van die berge is syne. Aan wie die see behoort wat Homself gemaak het, en die droë land wat Sy hande geformeer het. Kom, laat ons aanbid en neerbuk; laat ons kniel voor die Here wat ons gemaak het. Want Hy is onse God.” “Hy het ons gemaak, en ons is Syne, Sy volk en die skape van Sy weiding.” Ps. 95: 1-7; 100: 3.UG1 34.2

    Hierdie beloftes wat aan Israel gegee is geld ook vir Gods volk vandag. Dit is die boodskappe wat die Sabbat tot ons bring.UG1 34.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents