Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Ware Sendinggees

    Hoe minder ons sulke persone vertrou, en daar is baie van hulle, des te hoër sal die werk van die teenwoordige waarheid in die oë van die wêreld staan. Ons broeders moet met groot versigtigheid te werk gaan in die aanstelling van kolporteurs tensy hulle wil hê dat die waarheid verkeerd verstaan en verkeerd voorgestel moet word. Hulle behoort aan alle ware werkers goeie salarisse te betaal, dog die bedrag moenie vermeerder word om kolporteurs te koop nie, want so ‘n handelwyse sal hulle kwaaddoen. Dit maak hulle selfsugtig en spandabel. Trag om hulle te besiel met ‘n ware sendinggees, en lê nadruk op die vereistes wat nodig is vir sukses. Die liefde van Jesus in die hart sal die kolporteur daartoe bring om te besef dat dit ‘n voorreg is om te werk en lig te versprei. Hy sal studeer, planne maak, en bid oor sy werk.UG1 94.3

    Jong manne is nodig wat manne in verstand is, wat die verstandelike vermoëns waarmee God hulle bedeel het op prys sal stel en dit met die grootste sorg sal ontwikkel. Oefening sal hierdie vermoëns vermeerder, en as die ontwikkeling van die hart nie verwaarloos word nie, sal die karakter goed gebalanseerd wees. Die middels tot verbetering is binne die bereik van almal. Laat niemand dan die Meester teleurstel deur net blare te wys as Hy vrugte kom soek nie. Doelbewustheid, geheilig deur die genade van Christus, sal wonderwerke verrig. Jesus en heilige engele sal die pogings van intelligente, godvresende manne, wat alles in hulle vermoë doen om siele te red, met sukses bekroon.UG1 95.1

    Laat hulle met harte wat oorloop van liefde, stil en nederig trag om harte oor te haal om die waarheid te ondersoek, en laat hulle Bybelstudies hou waar moontlik. Deur dit te doen, saai hulle die saad van waarheid langs alle waters en verkondig hulle die deugde van Hom wat hulle uit die duisternis geroep het tot Sy wonderbare lig. Diegene wat hierdie werk doen met die regte bedoelings, doen ‘n baie belangrike werk. Hulle sal nie ‘n swakke, onbesliste karakter toon nie. Hulle verstand is besig om te ontwikkel, en hulle handelwyse word verfynd. Hulle moet geen perke aan hulle ontwikkeling stel nie, maar moet elke dag beter toegerus wees om goeie werk te verrig.UG1 95.2

    Baie van die kolporteurs in die veld maak geen opofferings nie. As ‘n klas het hulle minder van die sendinggees as die werkers van enige ander denominasie. As die weg eers vir hulle berei is, as hulle die grootste salaris kan trek, dan is hulle gewillig om die veld binne te gaan. Baie lokmiddels word aan kolporteurs voorgehou om met populêre boeke te kolporteer; groot salarisse word hulle aangebied, en daar is vele wat weier om vir minder te werk om boeke te versprei wat oor die teenwoordige waarheid handel. Daarom is die salarisse verhoog om gelyk te staan met die wat deur ander uitgewers aangebied word; gevolglik is die onkoste om ons boeke aan die publiek voor te stel, hoog. Baie van die kolporteurs verdien hulle geld maklik en spandeer dit ook maklik.UG1 95.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents