Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Poort van die Hemel

    Die plek van aanbidding mag maar baie eenvoudig wees, dog dit sal nietemin deur God erken word. Vir diegene wat God in die gees en in waarheid en in heilige gewaad aanbid, sal dit soos die poort van die hemel wees. Die groep aanbidders mag maar klein wees, maar in die oog van die Here is hulle baie kosbaar. Deur die koevoet van waarheid is hulle soos onafgewerkte klippe uit die steengroef van die wêreld gebreek en in die werkswinkel van God gebring om reg gekap te word. Maar selfs in die onafgewerkte staat is hulle dierbaar in Gods oë. Die byl, die hamer, en die beitel van beproewing is in die hande van Een wat bedrewe is; en hulle word gebruik, nie om te vernietig nie, maar om die volmaaktheid van elke siel te volbring. Soos kostelike stene wat uitgebeitel is na die boustyl van ‘n paleis, is dit die doel van God dat ons ‘n plek sal vul in die hemelse tempel.UG1 45.3

    Die beskikkings en gawes van God ten behoewe van ons is sonder perk. Die troon van genade is op sigselwe die hoogste aantrekkingskrag, omdat die Een wat ons toelaat om Hom Vader te noem daarop sit. Maar God het die verlossingsplan nie as volledig beskou terwyl dit maar net Sy eie liefde geopenbaar het nie. Hy het dit so gereël dat Hy by Sy altaar ‘n Advokaat geplaas het, wat met ons natuur bekleed is. As ons Voorbidder, is dit Sy werk om ons aan God voor te stel as Sy seuns en dogters. Christus tree op ten behoewe van diegene wat Hom aangeneem het. Aan hulle gee Hy, kragtens Sy eie verdienste, mag om lede van die koninklike gesin te word, kinders van die hemelse Koning. En die Vader toon Sy oneindige liefe vir Christus, wat ons met Sy eie bloed losgekoop het, deur Christus se vriende te ontvang en te verwelkom as Sy eie vriende. Hy is voldaan met die versoening wat gemaak is. Hy is verheerlik deur die vleeswording, die lewe, dood, en middelaarskap van Sy Seun.UG1 45.4

    Net sodra as die kind van God die genadetroon nader, word hy ‘n kliënt van die groot Advokaat. By die eerste uiting van berou en smeking om vergifnis, neem Christus sy saak op en maak dit Sy eie en lê die versoek voor Sy Vader nes of dit Sy eie is.UG1 46.1

    Namate Christus in ons belang optree, maak die Vader die skatte van Sy genade vir ons oop, sodat ons dit kan geniet en dit ook aan ander kan meedeel. “Vra in My Naam,” sê Christus. “ ,Ek sê nie dat Ek die Vader vir julle sal bid nie; want die Vader Homself het julle lief, omdat julle My liefgehad het.’ Maak gebruik van My naam. Dit sal verdienste aan u gebede gee en die Vader sal aan julle die rykdom van Sy genade skenk; daarom, ,Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.’ ” Joh. 16: 24.UG1 46.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents