Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Kyk na Bo

    Niemand behoort in vrees en bewing en in gedurige twyfel voort te gaan, en hulle pad te besaai met murmurerings nie; maar almal moet opsien na God, Sy goedheid bespeur, en hulle verbly in Sy liefde. Span al u kragte in om na bo te kyk, en nie af na u moeilikhede nie, dan sal u nooit beswyk op die weg nie. U sal Jesus gou agter die wolk sien Sy hand uitstreek om u te help; en al wat u behoort te doen, is om u hand aan Hom te gee in eenvoudige geloof en Hom toe te laat om u te lei. Namate u begin vertrou, sal u, deur geloof in Jesus, hoopvol word. Die lig wat uitstraal van die kruis sal aan u openbaar hoe God ‘n siel beskou, en as u dit besef, sal u soek om die lig te weerkaats aan die wêreld. ‘n Groot naam onder mense is soos letters in die sand geskrywe, maar ‘n reine karakter sal vir ewig duur.UG1 66.2

    God gee aan u wysheid en ‘n verstand waardeur u Sy beloftes kan verstaan; en Jesus is gereed om u te help om ‘n sterk, eweredige karakter te vorm. Diegene wat so ‘n karakter besit, hoef nooit ontmoedig te wees omdat hulle nie ‘n sukses is wat betref wêreldse dinge nie. Hulle is “die lig van die wêreld.” Satan kan nie die lig uitdoof of bedek wat van hulle straal nie.UG1 67.1

    God het ‘n werk vir elkeen om te doen. Dit is nie Sy doel dat siele in die lewenstryd opgebeur moet word deur menslike lof en medelye nie; maar dis Sy doel dat hulle buitekant die kamp sal gaan, die smaadheid sal verduur, die goeie stryd van die geloof sal stry, en in elke moeilikheid in Sy krag sal staan.UG1 67.2

    Deur die kostelike gawe van Sy Seun het God al die skatte van die hemel vir ons blootgestel. Hy is ten voile bekwaam om ons op te hef, te veredel, en ons toe te rus deur die volmaaktheid van Sy karakter, vir bruikbaarheid in hierdie lewe en vir ‘n heilige hemel. Hy het na hierdie wêreld gekom en geleef soos Hy verwag dat Sy navolgers sal leef. Sy lewe was ‘n lewe van gedurige selfopoffering en selfverloëning. As ons selfsug, gemak en die bevrediging van ons gevoelens aanmoedig, en nie ons beste pogings aanwend om saam met God te werk in die wonderbaarlike werk van ons opheffing, veredeling en reiniging, sodat ons seuns en dogters van God kan word, voldoen ons nie aan Sy vereistes nie; ons ly ‘n gedurige verlies in hierdie lewe, en sal eindelik die toekomstige ewige lewe ook mis.UG1 67.3

    God wil hê dat u moet werk, nie met ‘n gevoel van minderwaardigheid of ontmoediging nie, maar met die volste vertroue en hoop en met blymoedigheid en vreugde as verteenwoordiger van Christus aan die wêreld. Die godsdiens van Jesus is blydskap, vrede, en vreugde. Namate ons die Skrifte ondersoek en die neerbuigende liefde van die Vader besef in die gawe van Jesus aan die wêreld sodat almal wat in Hom glo die ewige lewe mag hê, moet al ons kragte ingespan word om lof, eer, en heerlikheid aan Hom toe te bring vir Sy onuitspreeklike liefde aan die mensekinders bewys.UG1 67.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents