Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Ervaring van Johannes die Doper

    Johannes die Doper is tydens sy woestynlewe deur God onderrig. Hy het die openbarings van God in die natuur bestudeer. Onder leiding van die goddelike Gees het hy die boekrolle van die profete ondersoek. Dag en nag was Christus die voorwerp van sy studie en oorpeinsing, totdat verstand, hart en siel vol was van die heerlike beeld.UG1 25.4

    Hy het die Koning aanskou in Sy heerlikheid en self uit die oog verloor. Hy het die majesteit van Sy heiligheid aanskou, en besef dat hy self onbekwaam en onwaardig was. Dit was Gods boodskap wat hy moes verkondig. Dit was in die krag en in die geregtigheid van God waarin hy moes staan. Hy was gereed om uit te gaan as ‘n boodskapper van die hemel, nie afgeskrik deur die menslike nie, want hy het die Goddelike aanskou. Hy kon sonder vrees staan in die teenwoordigheid van aardse vorste, omdat hy bewend neergebuig het voor die Koning van die konings.UG1 25.5

    Johannes het nie sy boodskap met noukeurig uitgewerkte argumente of mooi teorieë verkondig nie. Maar sy stem, aangrypend en ernstig, dog vol hoop, is in die woestyn gehoor: “Bekeer julle want die koninkryk van die hemel is naby gekom.” Matt. 3:2. Met ‘n nuwe, vreemde krag het dit die mense beweeg. Die hele volk was opgewonde. Ongeletterde arbeiders en vissers uit die omtrek; Romeinse soldate uit die kaserne van Herodus; kapteins met aangegorde swaarde, gereed om enig iets wat na ‘n rebellie lyk, te onderdruk; geldgierige tollenaars uit hulle kantore; en priesters van die Sanhedrin, met hulle gebedsrieme omwonde — almal het in betowering geluister, en almal, selfs die Fariseër en Saduseër, ook die ongevoelige spotters het uit die woestyn teruggekeer sonder die spotlag en diep in hulle hart oortuig van sonde. Herodus in sy paleis het die boodskap ge-hoor, en die trotse, deur die sonde verharde vors, het in bewing die oproep tot bekering aangehoor.UG1 26.1

    In hierdie dae, net vóór die wederkoms van Christus op die wolke van die hemel, moet daar net so’n werk soos die van Johannes gedoen word. God vra om manne wat ‘n volk sal voorberei om te kan staan in die groot dag van die Here. Die boodskap wat die bediening van Christus voorafgegaan het, het gelui, “Bekeer julle; tollenaars en sondaars; bekeer julle, Fariseërs en Saduseers; ,bekeer julle want die koninkryk van die hemel is naby gekom.’ ” Matt. 3:2. As ‘n volk wat glo in die spoedige wederkoms van Christus, het ons ‘n boodskap om te verkondig—“Maak jou klaar om jou God te ontmoet.” Amos 4: 12. Ons boodskap moet net so reguit wees as dié van Johannes. Hy het konings bestraf om hulle ongeregtigheid. Nieteenstaande die feit dat sy lewe in gevaar was, het hy nie geaarsel om Gods Woord te verkondig nie. En ons werk in hierdie dae moet net so getrou gedoen word.UG1 26.2

    Ten einde ‘n boodskap te verkondig soos dié van Johannes, moet ons ‘n geestelike ondervinding opdoen soos syne. Dieselfde werk moet in ons gedoen word. Ons moet God aanskou, en by die aanskouing self uit die oog verloor.UG1 27.1

    Johannes het van nature dieselfde foute en swakhede gehad waaraan die mensheid onderworpe is; maar die aanraking met goddelike liefde het hom verander. Toe die dissipels van Johannes, ná Christus sy bediening begin het, na hom toe gekom het met die klagte dat almal nou die nuwe Meester navolg, het Johannes bewys gelewer hoe duidelik hy sy verhouding tot die Messias begryp het, en hoe graag hy die Een verwelkom het vir wie hy die weg voorberei het.UG1 27.2

    “’n Mens kan niks aanneem,” het hy gesê, “as dit hom nie uit die hemel gegee is nie. Julle is self my getuie dat ek gesê het: Ek is nie die Christus nie; maar dat ek voor Hom uit gestuur is. Die een wat die bruid het, is die bruidegom; maar die vriend van die bruidegom wat na hom staan en luister, verbly hom baie oor die stem van die bruidegom. So is dan hierdie blydskap van my volkome. Hy moet meer word, maar ek minder.” Joh. 3: 27-30.UG1 27.3

    Waar hy in geloof op die Saligmaker gesien het, het Johannes die toppunt van selfverloëning bereik. Hy was nie daarop uit om mense na homself toe te trek nie, maar om hulle gedagtes hoër en hoër te verhef totdat hulle dit op die Lam van God sou vestig. Hy self was maar slegs ‘n stem, ‘n roepstem in die woestyn. Nou het hy met blydskap op die agtergrond getree, sodat die oë van almal op die Lig van die lewe gerig kon word.UG1 27.4

    Diegene wat getrou is aan hulle roeping as boodskappers van God sal nie soek na eer vir hulleself nie. Liefde vir self sal verswelg word deur liefde tot Christus. Hulle sal besef dat hulle, soos Johannes die Doper, aan die wêreld moet sê: “Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!” Joh. 1: 29. Hulle sal Jesus verhoog en met Hom sal die mensdom opgehef word. “Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon, Heilig is Sy Naam: Ek woon in die hoogte en in die heilige plek en by die verbryselde en nederige van gees, om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes.” Jes. 57: 15.UG1 27.5

    Die siel van die profeet, ontledig van self, was met ‘n Goddelike lig vervul. Met woorde byna soos die woorde van Christus Self, het hy getuig van die heerlikheid van die Saligmaker: “Hy wat van bo kom,” het hy gesê, “is bo almal; hy wat uit die aarde is, is uit die aarde en praat uit die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal. . . . Want Hy wat God gestuur het, spreek die woorde van God; want God gee Hom die Gees nie met mate nie.” Joh. 3: 31-34.UG1 28.1

    In hierdie heerlikheid van Christus, moet al Sy navolgers deel. Die Heiland het gesê dat Hy nie Sy eie wil soek nie, “Maar die wil van die Vader wat My gestuur het.” Joh. 5: 30.UG1 28.2

    “Want,” het Johannes gesê, “God gee Hom die Gees nie met mate nie.” So sal dit ook wees met die navolgers van Christus. Ons kan van die hemelse lig ontvang alleen namate ons gewillig is om van self ontledig te word. Ons kan die karakter van God sien en Christus deur geloof aanneem, alleen namate ons toestem om elke gedagte te onderwerp tot gehoorsaamheid aan Christus. Aan almal wat dit doen, word die Heilige Gees sonder mate gegee. In Christus “Woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; en julle het die volheid in Hom.” Kol. 2: 9, 10.UG1 28.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents