Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Beset met Reine Beginsels

    Watter weg ons ook al mag inslaan, ons lewensweg is vol gevare. As die werkers in enige tak van die werk agtelosig en onoplettend is ten opsigte van hulle ewige belange, sal hulle groot skade ly. Die versoeker sal hulle bykom. Hy sal sy strikke vir hulle stel en hulle langs onbetroubare weë lei. Alleen diegene is veilig wie se harte beset is met reine beginsels. Soos Dawid sal hulle bid, “My gange het vasgehou aan u spore, my voetstappe het nie gewankel nie.”UG1 88.2

    Daar moet ‘n gedurige stryd gevoer word teen die selfsug en verdorwenheid van die menslike hart. Dikwels skyn dit asof die goddelose voorspoedig is; maar diegene wat God vergeet, al is dit slegs vir ‘n uur of ‘n oomblik, bewandel ‘n gevaarlike pad. Hulle mag nie die gevare daarvan besef nie, maar sonder dat hulle daarvan bewus is, word hulle deur ‘n gewoonte, soos met ‘n yster band gebind en gevange gehou deur die bose daad waarmee hulle gespeel het. God verag hulle weg, en Sy seen rus nie op hulle nie.UG1 88.3

    Ek het gesien dat jongmanne hierdie werk opneem, sonder ‘n verbintenis met die hemel. Hulle trotseer versoeking om te wys hoe manmoedig hulle is. Hulle lag oor die dwaashede van ander. Hulle ken die regte pad! Hulle weet hoe om hulleself te gedra! Hoe maklik sal hulle nie die versoekings weerstaan nie! Hoe belaglik om te dink dat hulle sal beswyk! Maar hulle maak die Here nie hulle toevlug nie. Satan het ‘n listige strik vir hulle gestel, en hulle word die speelbal van gekke.UG1 89.1

    Ons groot teenstander het sy handlangers wat gedurig op die loer is vir siele wat hulle kan vernietig, net soos ‘n leeu op die loer is vir sy prooi. Vermy hulle jongman; want terwyl dit skyn of hulle jou vriende is, sal hulle ongemerk bose dinge invoer. Hulle vlei jou met hulle lippe, en sal aanbied om jou te lei; maar hulle voetstappe voer na die hel. As jy na hulle raad luister, mag dit die uitdraaipad in jou lewe wees. Om een van die wagte van jou gewete weg te neem, toe te gee aan een bose gewoonte, eenmaal jou plig na te laat, mag die begin van ‘n bedieglike weg wees wat jou sal voer tot die geledere van diegene wat die Satan dien, terwyl jy al die tyd voorgee om God en Sy saak lief te hê. Een oomblik se onbedagsaamheid, ‘n verkeerde stap, mag jou hele lewe in die verkeerde rigting stuur. En jy mag nooit weet wat jou ondergang bewerk het, totdat jy die vonnis hoor, “Gaan weg van My af, julle wat die ongeregtigheid werk.”UG1 89.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents