Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    HOOFSTUK EEN-EN-VEERTIG—DIE GETUIENISSE MOET VOLGENS HULLE VRUGTE BEOORDEEL WORD

    (Deel V, bls. 671, 672.)

    OORDEEL die Getuienisse volgens hulle vrugte. Watter gees straal daar deur hulle? Watter uitwerking het hulle gehad? “Almal wat dit graag wil doen, kan die vrugte van die gesigte nagaan. Vir sewentien jaar reeds het God hulle beskerm en versterk teen die bose magte van Satan en ook teen die aanvalle van mense wat Satan bygestaan het in sy werk.”UG1 269.1

    “God leer of Sy volk, bestraf hulle sondes, en versterk hulle geloof, of Hy doen dit nie. Hierdie werk is of van God of dit is nie van Hom nie. God werk nie in maatskappy met Satan nie. My werk . . . dra óf die stempel van God óf van die vyand. In hierdie verband is dit nie helfte van die een en helfte van die ander nie. Die Getuienisskrifte is óf deur die Gees van God ingegee óf deur die van die duiwel.”UG1 269.2

    Namate die Here Hom deur middel van die Gees van profesie geopenbaar het, “is die verlede, die hede, en die toekoms aan my getoon. Ek het persone gesien wat ek nog nooit tevore gesien het nie, en jare later toe ek hulle ontmoet het, het ek hulle herken. Dikwels het ek wakker geskrik onder ‘n diepe indruk van die dinge wat aan my getoon is, en te middernag soms het ek briewe geskryf na verafgeleë plekke, en baiemaal het die briewe net in tyd aangekom om ‘n groot ramp te verhoed in verband met die werk van God. Hierdie werk doen ek al vir jare. Ek is deur ‘n mag beweeg om dinge te bestraf waaraan ek nooit gedink het nie. Is die werk wat ek oor die afgelope dertig jaar gedoen het, van God of van die duiwel?”UG1 269.3

    Christus het die volgende waarskuwing aan Sy dissipels gegee: “Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. ‘n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie? So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte. ‘n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en ‘n slegte boom ook geen goeie vrugte nie. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.” Dit is die toets, en almal wat wil kan dit toepas. Diegene wat regtig begerig is om die waarheid tewete te kom, sal genoeg bewyse vind om hulle geloof te staaf.UG1 269.4

    * * * * *

    IN verband met Gods werk het ek ‘n spesiale roeping, en u kan verseker wees dat ek, solank Hy my lewe spaar, nie sal nalaat om die waarskuwings te gee soos die Gees van God my lei, of die mense nou wil luister of nie. Van sigself het ek geen wysheid nie; ek is slegs ‘n werktuig in die hande van God om die werk te doen wat Hy aan my gegee het. Die bevele wat ek gegee het by monde en deur geskrifte, is slegs die openbaring van die lig wat God aan my gegee het. Ek het getrag om die beginsels voor u te plaas wat die Gees van God vir jare al in my hart en verstand geskrywe het.UG1 270.1

    En nou broeders, ek smeek julle om nie tussen my en die volk te kom en sodoende die lig te verhinder wat God op hulle wil laat skyn nie. Moenie deur julle kritiek die Getuienisse van alle krag beroof nie. Moenie dink dat u hulle kan sny om aan u eie sienswyse te voldoen nie en meen dat God aan u die vermoë geskenk het om te kan sê watter deel daarvan as lig van omhoog moet beskou word en watter deel maar slegs menslike wysheid is nie. As die Getuienisse nie met Gods woord ooreenstem nie, verwerp hulle. Christus en Beliel kannie verenig word nie. Moet om Christus wil nie die mense verwar met skeptisisme en menslike drogredes om sodoende die werk van die Here kragteloos te maak nie. — Deel V, bl. 691.UG1 270.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents