Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    ’n Hervormingsbeweging

    In die naggesigte het ek ‘n groot hervormingsbeweging onder Gods volk gesien. Baie was besig om God te loof. Die siekes is gesondgemaak, en baie ander wonderwerke is verrig. Daar was ‘n gees van voorbidding selfs soos dié wat op die groot Pinksterdag gesien is. Daar is honderde en duisende gesien wat huise besoek en die Woord daar verkondig het. Harte is deur die Heilige Gees oortuig, en daar is ‘n gees van ware bekering geopenbaar. Orals het deure oopgegaan vir die verkondiging van die waarheid. Dit het geskyn asof die wêreld deur ‘n hemelse invloed verlig is. Die ware en ootmoedige volk van God het groot seëninge ontvang. Ek het lof en dankseggings gehoor, en dit het geblyk of daar ‘n hervorming aan die gang was soos dié van 1844.UG1 100.1

    Tog was daar sommige wat hulle nie wou bekeer nie. Hulle was onwillig om in Gods weë te wandel, en toe daar ‘n beroep gemaak is om vrywillige gifte ten einde die saak van God te bevorder, het sommige selfsugtig vasgeklem aan hulle aardse besittings. Hierdie geldgierige mense het eindelik afgeskei van die groep gelowiges.UG1 100.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents