Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Welvoeglike Kleredrag

    Daar word my baie keer pyn aangedoen as ek Gods huis binnegaan en die slordige klere sien van beide mans en vrouens. As die uiterlike kleding ‘n aanduiding moet wees van die hart en karakter, dan kan daar sekerlik niks van die hemel in hulle wees nie. Hulle het geen besef van die ordelikheid, netheid, en fatsoenlike gedrag wat die Here verg van almal wat in Sy teenwoordigheid kom om Hom te aanbid nie. Watter indruk maak hierdie dinge nie op ongelowiges, en die kinders wat so fyn oplet en hulle eie gevolgtrekkings maak nie?UG1 59.1

    In die harte van baie word daar geen verskil gemaak tussen die huis van God en enige ander gewone plek nie. Sommige tree die plaas van aanbidding binne met hulle hoede op, en in vuil, bevlekte klere. Sulke persone besef nie dat hulle God en die heilige engele daar ontmoet nie. Daar behoort in al die kerke ‘n radikale verandering in hierdie verband te kom. Predikante self moet hoër idees koester en gevoeliger wees in hierdie opsig. Dis ‘n deel van die werk wat jammerlik verwaarloos is. Weens die oneerbiedige houding, kleredrag en gedrag, en die gemis aan die regte stemming vir aanbidding, het God dikwels Sy aangesig afgekeer van diegene wat bymekaargekom het vir godsdiensoefening.UG1 59.2

    Almal moet geleer word om netjies, skoon, en ordelik te wees wat hulle kleredrag betref, maar hulle moet nie toegee aan daardie uiterlike versiering wat gladnie pas in die heiligdom nie. Daar moet nie ‘n klere tentoonstelling wees nie; want dit sal aanleiding gee tot oneerbiedigheid. Dikwels word die mense se aandag getrek deur die een of ander deftige kledingstuk, en op hierdie wyse dring daar gedagtes binne wat geen plaas behoort te hê in die harte van die aanbidders nie. Die Here moet die voorwerp van ons gedagtes in aanbidding wees; en enigiets wat die gedagte aftrek van hierdie plegtige, hei-lige diens, is ‘n belediging vir Hom. ‘n Parade van strikke en linte, valle en vere, goue en silwer versiersels, is ‘n soort van afgodediens, en is heeltemal ongepas by die heilige diens van God, waar almal alleen Sy heerlikheid soek.UG1 59.3

    In alle opsigte moet ons gesteld wees op ons kleredrag, en die Bybelse reëls stip uitvoer. Mode is die godin wat die wêreld regeer, en dikwels dring sy selfs die kerk binne. Die kerk behoort die Woord van God as maatstaf te neem, en ouers moet verstandig oor hierdie onderwerp dink. As hulle merk dat hulle kinders geneig is om wêreldse modes na te volg, moet hulle soos Abraham vasberade, hulle kinders bevel gee om die weg van die Here te volg. Pleks om hulle met die wêreld te verbind, moet hulle met God verbind word. Laat niemand Gods heiligdom onteer deur spogerige klere nie. God en Sy engele is daar teenwoordig. Die Heilige van Israel spreek as volg deur Sy apostel: “Julle versiering moet nie die uiterlike wees nie — haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie; maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ‘n sagmoedige en stille gees wat baie kosbaar is voor God.”UG1 60.1

    Waar ‘n kerk gestig is, dog nie op hierdie punte onderrig is nie, het die predikant sy plig versuim, en sal hy aan God moet rekenskap gee van die dinge wat hy nagelaat het. Tensy die regte begrippe van ware aanbidding en eerbied aan die verstand van die mense gebring word, sal daar ‘n toenemende neiging wees om die ewige en heilige dinge op gelyke voet te stel met die alledaagse, en diegene wat voorgee om die waarheid te hê, sal ‘n belediging vir God en ‘n skande vir die godsdiens wees. Hulle kan nooit, met hulle onontwikkelde idees, ‘n reine en heilige hemel op prys stel nie, en geskik wees om saam met die aanbidders in die hemelse howe te aanbid waar alles reinheid en volmaaktheid is, en waar elke wese volmaakte eerbied vir God en Sy heiligheid toon nie.UG1 60.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents