Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    HOOFSTUK VIER-EN-TWINTIG—WERK IN BELANG VAN MATIGHEID

    (Deel V, bls. 110, 111.)

    IN ons werk behoort ons meer aandag te skenk aan hervorming op die gebied van matigheid. Alle hervormingswerk verg bekering, geloof en gehoorsaamheid. Dit beteken die opheffing van die siel tot ‘n nuwe, edeler lewe. Alle ware hervormingswerk het dus ‘n plek in die verkondiging van die derde engel se boodskap. Matigheidshervorming behoort veral ons aandag en ondersteuning te geniet. Op ons kampdienste behoort ons die aandag van die mense op hierdie werk te vestig en hulle aan te spoor om daaraan deel te neem. Ons moet die ware beginsels van matigheid aan die mense voorhou en ‘n beroep op hulle doen om die matigheidsgelofte te teken. Veral moet diegene bearbei word wat aan die bose gewoontes verslaaf is. Ons moet hulle tot die kruis van Christus bring.UG1 176.1

    Ons kampdienste behoort ook die dienste van mediese werkers te hê. Hulle behoort manne van gesonde oordeel en kennis te wees, manne wat die evangeliebediening respekteer en wat nie ongelowig is nie. Hierdie manne is die beskermers van die gesondheid van die volk, en hulle moet erken en gerespekteer word. Hulle behoort die mense te onderrig aangaande die gevare van onmatigheid. Hierdie euwel moet net so moedig bestry word in die toekoms as in die verlede. Predikante en geneeshere behoort die euwels van onmatigheid aan die mense voor te hou. Hulle behoort in die krag van die Evangelie die sonde te veroordeel en die geregtigheid hoog te hou. Die predikante en geneeshere wat nie persoonlike beroepe op die mense doen in verband met matigheid nie, is ontrou aan hulle pligte. Hulle is nalatig om die werk te doen waarvoor God hulle aangestel het.UG1 176.2

    In ander kerke is daar Christene wat hulleself beywer vir die saak van matigheid. Ons moet trag om in verbinding te kom met sulke werkers, sodat hulle skouer en skouer met ons kan staan. Ons behoort die hulp van goeie, invloedryke manne inroep om ons te help om die verloregaandes te red.UG1 176.3

    As ons die matigheidswerk sou voortsit soos dit dertig jaar gelede deur ons begin is; as ons by ons kampdienste die mense sou wys op die nadele van onmatigheid wat voedsel en drank betref — veral die gebruik van sterke drank — en as ons op hierdie dinge kan wys as tekens van die spoedige wederkoms van Christus, sou daar ‘n magtige ontwaking onder die volk kom. As ons ‘n ywer ooreenkomstig die belangrikheid van die waarhede wat ons verkondig, sou toon, mag ons die oorsaak wees dat honderde, ja duisende, van ondergang gered sal word.UG1 177.1

    Die ewigheid alleen sal eendag aan die lig bring wat deur hierdie vriendelike bediening tot stand gebring is — hoeveel siele, siek van ongeloof en moeg van wêreldsgesindheid, tot die Groot Geneesheer gebring is wat verlang om diegene wat tot Hom kom volkome te red. Christus is die verrese Heiland en daar is genesing onder Sy vleuels.UG1 177.2

    * * * * *

    WAAR ons sien hoedat mense die vergiftende drank verkoop wat die verstand vernietig; waar ons die groot gevaar van die verstrikte siele sien, wat doen ons om hulle te red? Ons werk vir die versoektes en gevallenes sal suksesvol wees alleen namate die genade van Christus die karakter hervorm, en die slagoffers in ‘n lewende verbintenis gebring word met die ewige God. Dit is die doel van alle ware matigheidswerk. Daar word van ons verwag dat ons met meer as menslike energie sal werk, dat ons in die krag van Jesus sal werk. Die Een wat Homself verneder het om die menslike natuur op te neem, Hy sal ons wys hoe om die stryd te stry. Christus het Sy werk in ons hande gelaat en ons moet met God worstel en dag en nag bid om krag. Dit is wanneer ons God, deur Jesus Christus, op die regte manier aangryp dat ons die oorwinning sal behaal.UG1 177.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents