Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Persoonlike Diens

    Ons glo van ganser harte in kerklike organisasie, maar die organisasie moenie aan ons voorskryf presies hoe ons moet werk nie; want nie alle harte kan met dieselfde metodes bereik word nie. Niks moet toegelaat word om die dienskneg van God weg te hou van sy medemens nie. Die werker, as indiwidu, moet vir die sondaar as indiwidu werk. Elke persoon het sy eie lig om aan die brand te hou; en as hierdie vate gevul is met hemelse olie deur middel van die goue pype; en as die vate van self geledig is sodat hulle die heilige olie kan ontvang, sal daar nie tevergeefs lig op die pad van die sodaars skyn nie. Daar sal meer lig op die pad van die swerweling gewerp word deur een lamp wat op hierdie wyse gevul is, as deur ‘n hele aantal fakkeldraers wat net vir vertoon daar is. Persoonlike toewyding en oorgawe aan God sal beter resultate lewer as die indrukwekkendste vertoon.UG1 124.1

    Leer ons susters dat hulle elke dag moet vra: “Here wat wil U hê dat ek vandag moet doen?” Elke toegewyde vat sal daeliks die heilige olie ontvang om weer in ander vate leeggemaak te word.UG1 124.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents