Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    HOOFSTUK AGT-EN-DERTIG—DIE DOEL VAN DIE GETUIENISSKRIFTE

    (Deel V, bls. 661-663.)

    “IN die outyd het God tot die mens gespreek deur die profete en die apostels. In hierdie dae spreek Hy tot hulle deur middel van die Getuienisse van Sy Gees. Daar was nog nooit ‘n tyd waarop God Sy volk met groter erns onderrig aangaande Sy wil en die weg wat Hy verlang dat hulle moet bewandel, as nou nie.”UG1 258.1

    “Die Here het dit goedgedunk om my ‘n gesig van die behoeftes en dwalinge van Sy volk te gee. Pynlik soos dit vir my was, het ek getrou die skuldiges op hulle foute gewys en ook hoe om die foute uit die weg te ruim. . .. So het die Gees van God dan die waarskuwings en oordele uitgespreek, maar nie sonder die heerlike belofte van genade nie. . . .UG1 258.2

    “Boetvaardige sondaars het geen rede om te wanhoop omdat hulle herinner is aan hulle oortredings en gewaarsku is teen gevaar nie. Juis hierdie pogings ten behoewe van hulle is ‘n bewys van die liefde van God en sy begeerte om hulle te red. Hulle hoef slegs Sy raad te volg en Sy wil te doen om die ewige lewe te beërf. God openbaar die sondes van Sy volk sodat hulle in die lig van goddelike waarheid, die afskuwelikheid van die sonde mag sien. Dit is dan hulle plig om dit vir ewig te versaak.” “As Gods volk Sy handelwyse sou verstaan en Sy leer sou aanneem, sou hulle ‘n reguit pad vir hulle voete vind en ‘n lig wat hulle deur duisternis en ontmoediging sal heenlei.”UG1 258.3

    “Waarskuwings en bestraffings word aan die dwalendes onder die Sewende-dag Adventiste gegee, nie omdat hulle lewens sondiger is as dié van ander belydende Christene nie, en ook nie omdat hulle voorbeeld of dade erger is as die van Adventiste wat Gods wet nie wil gehoorsaam nie; maar omdat hulle baie lig het, en omdat hulle deur hulle belydenis voorgee om Gods spesiale, eie volk te wees in wie se harte Hy Sy wet geskryf het. Hulle betoon hulle lojaliteit aan die God van die hemel, deur gehoorsaamheid aan die wette van Sy regering. Hulle is God se verteenwoordigers op die aarde. Enige sonde in hulle maak skeiding tussen hulle en God, en onteer Sy naam op ‘n bepaalde wyse deur aan die vyande van Gods wet geleentheid te gee om verwyte te slinger teen Sy saak en Sy volk wat Hy noem: ,’n Uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, sodat hulle die deugde van Hom wat hulle uit die duisternis tot Sy wonderbare lig geroep het, kan verkondig.’ . . .UG1 258.4

    “Die Here bestraf en tugtig die volk wat voorgee om Sy wet te onderhou. Hy wys hulle op hulle sondes en maak’ hulle ongeregtighede openbaar, omdat Hy begerig is om alle sonde en boosheid van hulle af te skei, sodat hulle in die vrees van die Here geheilig mag word. God bestraf, vermaan, en tugtig hulle, dat hulle gelouter, geheilig, verhewe en eindelik tot Sy eie troon verhoog mag word.”UG1 259.1

    “Ek het die Getuienisse wat aan Sabbathouers gegee is, nagegaan, en ek is verbaas oor die genade van God en Sy sorg vir Sy volk deur aan hulle soveel vermanings te gee wat hulle op gevare wys, asook op die verhewe posisie wat Hy wil hê dat hulle moet beklee. As hulle hulle in Sy liefde sou hou en hulle sou afskei van die wêreld, sou Hy Sy spesiale seëninge op hulle uitstort en Sy lig op hulle laat skyn. Hulle invloed ten goede sou in elke tak van die werk en in elke deel van die veld gevoel word. Maar as hulle aan Gods doel nie beantwoord nie; as hulle aanhou om so ‘n geringe besef te hê van die verhewe aard van die werk, soos in die verlede die geval was, sal hulle invloed en voorbeeld ‘n groot vloek wees. Hulle sal kwaad en niks anders as kwaad doen nie. Hulle klere sal met die bloed van kosbare siele bevlek wees.UG1 259.2

    “Herhaaldelik is daar waarskuwende getuienisse gegee. Ek vra, Wie het daarop aggegee? Wie is daar wat ywer betoon het om hom te bekeer van sy sonde en afgodery, en wat die doel nagejaag het om die prys te kry van die hoë roeping van God in Christus Jesus? . . . Ek het verlangend gewag, in die hoop dat God op sommige Sy Gees sou uitstort en hulle sou gebruik as werktuie van geregtigheid om Sy kerk wakker te skud en in orde te bring. Waar ek jaar na jaar gesien het hoedat daar afgewyk word van die eenvoud wat Gods navolgers moet kenmerk, het ek byna gewanhoop. Die belangstelling in, en die toewyding aan Gods werk, verminder steeds meer en meer. Ek vra, Waarin het diegene wat voorgee om geloof te hê in die Getuienisskrifte, getrag om hulle lewens in ooreenstemming te bring met die lig wat aan hulle gegee is? In watter opsig het hulle gehoor gegee aan die waarskuwings? In watter opsig het hulle die voorligting wat hulle ontvang het, aanvaar?”UG1 259.3

    * * * * *

    ONS gaan gevaarlike tye tegemoet. Elkeen wat ‘n kennis van die waarheid het, moet wakker word en homself, liggaam, siel en gees onder die dissipline van God stel. Die vyand is op ons spoor. Ons moet helderwakker en op ons hoede wees vir hom. Ons moet die hele wapenrusting van God aangord. Ons moet die voorligting, deur die Gees van profesie gegee, aanneem. Ons moet die waarheid vir hierdie tyd lief hê en gehoorsaam. Dit sal ons bewaar van die krag van dwaling. God het tot ons deur Sy Woord gespreek. Hy het tot ons gespreek deur die Getuienisskrifte vir die Kerk, en deur die boeke wat bygedra het om ons huidige pligte en die posisie wat ons nou behoort te beklee, aan te wys. Die waarskuwings wat gegee is, reel op reël, gebod op gebod, moet gehoorsaam word. As ons dit verontagsaam, watter verontskuldiging sal ons hê?UG1 260.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents