Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Heerlikheid van die Evangelie

    Sodat die mens nie die seen wat as gevolg van weldadigheid kom, mag verloor nie, het die Heiland ‘n plan ontwerp waarin die mens opgeneem word as Sy medewerker. God kon sondaars verlos het sonder die hulp van mense; maar Hy het geweet dat die mens nooit gelukkig sou wees sonder ‘n aandeel in die groot werk nie. Deur omstandighede wat weldadigheid sou uitlok, gee Hy aan die mens die beste geleentheid om weldadigheid te betoon, en Hy het dit so beskik dat die mens gedurig moet gee om behoeftiges te help en ook om Sy saak te bevorder. ‘n Behoeftige wêreld verg ons talente en invloed om die waarheid te bring aan behoeftige manne en vroue. En namate ons aan hierdie oproepe gehoor gee deur ons arbeid en weldadigheid, word ons verander in die ewebeeld van Hom wat terwille van ons arm geword het. Deur te gee seen ons ander en vergader ons terselfdertyd ware rykdom.UG1 146.5

    Die Evangelie berus op die beginsel waardeur die gevalle mensdom weer herstel kan word tot die goddelike ewebeeld deur die openbaring van weldadigheid. Hierdie werk het in die hemelse howe begin. Daar reeds het God aan die mensdom onmiskenbare bewyse gegee van die liefde wat Hy teenoor hulle koester. “So lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” Joh. 3: 16. Die gawe van Christus openbaar die hart van die Vader. Dit getuig dat Hy, aangesien Hy ons verlossing onderneem het, niks sal terughou wat nodig is vir die voleindiging van Sy werk nie, al is dit vir Hom ook hoe dierbaar.UG1 147.1

    Die gees van mildadigheid is die gees van die hemel. Christus se selfopofferende liefde is aan die kruis geopen-baar. Ten einde die mens te verlos het Hy alles gegee wat Hy gehad het, en daarna het Hy Homself gegee. Die kruis van Christus doen ‘n beroep op die weldadigheid van elkeen van Sy navolgers. Die beginsel wat daar geopenbaar is, is gee, gee. Hierdie beginsel, uitgevoer in daadwerklike weldadigheid en goeie werke, is die ware vrug van die Christelike lewe. Die leuse van wêreldlinge is versamel, versamel, en daarmee verwag hulle om die geluk te verkry; maar die uiteinde daarvan is ellende en die dood.UG1 147.2

    Die lig van die Evangelie wat van die kruis straal, bestraf alle selfsug en moedig mildadigheid en weldadigheid aan. Niemand hoef dit te betreur dat daar steeds meer en meer oproepe gemaak word om te gee nie. In Sy groot goedheid roep God die mense weg van hulle enge werksaamhede tot groter ondernemings. In hierdie dae, wanneer sedelike duisternis die aarde bedek, moet daar groter ondernemings aangepak word. Baie van Gods kinders loop gevaar om verstrik te word deur wêreldsgesindheid en geldgierigheid. Hulle moet besef dat dit deur Sy genade is dat daar steeds groter aanvrae is om middele. Sake wat weldadigheid as gevolg sal hê, moet onder hulle aandag gebring word, of anders sal hulle nie hulle karakters kan ontwikkel volgens die groot Voorbeeld nie.UG1 147.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents