Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Wêreldkonferensie

    Die Here het aan my getoon dat die oordeel van die een mens nie onderworpe moet wees aan die van ‘n ander mens nie. Nooit moet die verstand van een man of ‘n paar manne as voldoende beskou word om die werk te bestuur en voor te skryf hoe gehandel moet word nie. Maar op ‘n Wêreldkonferensie, waar daar broeders uit alle dele van die wêreld saam vergader is, moet private oordeel vir dié van die konferensie swig; geen persoon moet hardnekkig aan sy eie sienswyses vasklem nie. ‘n Werker moet dit nooit as ‘n deug beskou om sy eie onafhanklike mening te handhaaf in weerwil van die mening van die konferensie as geheel nie.UG1 130.1

    Met tye, toe ‘n klein groepie manne aan wie die bestuur van die werk in die naam van die Wêreldkonferensie toevertrou was, getrag het om onverstandige planne uit te voer en Gods werk te strem, het ek gesê dat ek nie langer die stem van die Wêreldkonferensie, soos verteenwoordig deur hierdie paar manne, as die stem van God aanneem nie. Maar dit wil nie sê dat die besluite van ‘n Wêreldkonferensie, saamgestel uit manne wat behoorlik aangestel is — manne uit alle dele van die veld — nie gehoorsaam moet word nie. God het verordineer dat die besluite van die verteenwoordigers van Sy kerk uit alle dele van die aarde, wanneer hulle op die Wêreldkonferensie praat, gesag sal hê. Die gevaar wat daar wel bestaan, is dat sommige die besluite van een, of van ‘n paar manne, met dieselfde gesag sal beklee as die besluite van die Wêreldkonferensie.UG1 130.2

    Wanneer hierdie mag wat God aan Sy kerk gegee het in een man geplaas word en hy met gesag beklee word oor ander, dan word die Bybelse reël sodoende verander. Satan sal dan so iemand op listige wyse beïnvloed en hom soms selfs oorweldig; want deur hom sal die vyand dan ook baie ander beïnvloed. Laat ons eerder die kerk met die hoogste gesag beklee, liewer as om dit aan een man, of ‘n klein groepie te gee.UG1 130.3

    * * * * *

    DIE Here het nie aan een van ons die bekwaamheid gegee om Sy werk alleen te behartig nie. Hy het dit so beskik dat verskillende manne van verskillende bevoegdheid, mekaar van raad moet bedien en mekaar moet help. Dit is op hierdie wyse dat die gebreke en die gemis aan ondervinding in die een deur die ondervinding en bekwaamhede van ander aangevul word. Ons behoort almal sorgvuldig te lees wat daar gesê word in die briewe aan die Efesiërs en Korinthiërs aangaande ons verhouding tot mekaar as lede van die liggaam van Christus op aarde.UG1 131.1

    In ons werk moet ons die verhouding van een werker tot die ander in die werk van God nie uit die oog verloor nie. Ons moet nooit vergeet nie dat daar ander is behalwe ons wat werk het om te verrig in die saak van God. Qns moet nie ons ore sluit vir die raad van ander nie. In ons planne vir die bevordering van die werk, moet ons altyd bereid wees om die wenke van ander te oorweeg en saam met hulle te werk.UG1 131.2

    Laat ons vertroue hê in die oordeel van ander broeders. Ons moet altyd gewillig wees om te luister na die advies en waarskuwings van ons mede-broeders. In die werk van God moet elkeen van ons besef dat ons deel uitmaak van die groot geheel. Ons moet ons wysheid by God soek en ook leer wat dit beteken om ‘n wagtende, wakende gees te hê; en wanneer ons afgemat en neerslagtig voel, moet ons na die Heiland gaan.UG1 131.3

    Dit is ‘n fout om ons af te skei van diegene wat nie instem met ons planne nie. As ons dit doen, sal ons nooit die vertroue van ons broeders in ons oordeel win nie. Dit is ons plig om ons broeders te raadpleeg en te luister na hulle advies. Ons moet hulle om hulle sienswyses vra, en as hulle dit bekendmaak, moet ons dit nie verwerp asof hulle ons vyande is nie.— “Testimonies to Ministers” bls. 499, 500.UG1 131.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents