Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Verskillende Soorte Diens Die

    Here roep Sy volk om verskillende soorte werk aan te pak. Diegene op die paaie en lanings van die lewe moet die Evangelieboodskap hoor. Kerklede behoort evangeliewerk te doen in die wonings van hulle bure wat nog nie die waarheid vir hierdie tyd gehoor het nie.UG1 114.1

    God vra om Christengesinne om na gemeenskappe te gaan wat in duisternis en dwaling verkeer om daar met verstand en volharding vir die Meester te arbei. Terwyl baie wag dat al die struikelblokke uit die weg geruim moet word, gaan siele sonder hoop en sonder God na die graf. Daar is baie — menigtes — wat om wêreldse voordeel en om die ontwil van wetenskaplike kennis na ongesonde streke gaan en daar groot ontberings uitstaan. Waar is diegene wat gewillig is om dieselfde te doen ten einde ander van die Verlosser te vertel? Waar is die manne en vroue wat gewillig is om na plekke te gaan wat behoefte het aan die Evangelie, sodat hulle diegene wat in duisternis verkeer op die Heiland kan wys?UG1 114.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents