Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Persoonlike Evangelisasie

    Die Here het werk vir die vrouens sowel as vir die mans. Hulle sal goeie werk vir God kan doen as hulle eers in die skool van Christus die kosbare en allerbelangrikste les van nederigheid wil leer. Hulle moenie slegs die naam van Christus dra nie, maar moet ook Sy Gees hê. Hulle moet wandel soos Hy gewandel het, en hulle siele reinig van alles wat besoedel. Hulle sal dan in staat wees om ander te help deur die volheid van Jesus voor te stel.UG1 125.2

    Daar word in ‘n groot behoefte voorsien deur die werk van vroue wat hulleself aan die Here oorgegee het en wat hulle hande uitsteek om behoeftige, sondige mense te help. Daar moet persoonlike evangeliewerk gedoen word. Die vrouens wat hierdie soort werk opneem, neem die Evangelie na diegene wat op die paaie en in die lanings is. Hulle lees die Woord van God voor en verduidelik dit vir huisgesinne; hulle bid saam met hulle, versorg die siekes en voorsien in hulle stoflike behoeftes. Hulle stel aan gesinne en indiwidue die reinigende invloed van die waarheid voor en die krag daarvan om die hart te verander. Hulle wys daarop dat die weg tot vrede en vreugde gevind word in die navolging van Jesus.UG1 125.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents