Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Redes Waarom Getuienisse aan Persone in Druk Verskyn

    In ‘n gesig op 12 Junie 1868, is iets aan my getoon wat my besluit om die persoonlike getuienisse te laat druk, volkome geregverdig het: “Wanneer die Here indiwidue uitkies en hulle foute spesifiseer, meen ander wat nie spesiaal genoem is nie, dat hulle reg, of byna reg is. Waar iemand bestraf word vir ‘n bepaalde fout moet die broeders en susters hulleself noukeurig ondersoek om te sien waar hulle kortskiet en in watter mate hulle self skuldig is aan dieselfde sondes. Hulle moet die gees van ootmoed hê om belydenis te doen. Die feit dat sommige dink dat hulle reg is, maak hulle nie reg nie. God kyk na die hart, en op hierdie manier ondersoek en toets Hy die hart. Die doel van God met die bestraffing van die verkeerde dade van een, is dat ander ook op die bestraffing moet agslaan. Maar as hulle nalaat om die bestraffing aan te neem en hulleself vlei met die gedagte dat God hulle foute oorsien omdat Hy hulle nie spesiaal aanwys nie, bedrieg hulle hulle eie siele; hulle sal in duisternis verkeer en aan hulleself oorgelaat word om hulle eie gang te gaan.UG1 256.1

    “Vele handel verraderlik met hulle eie siele en bedrieg hulleself met betrekking tot hulle ware toestand voor God. Hy gebruik weë en middele waarmee Hy die beste Sy doel kan bereik en die harte van diegene wat voorgee om Hom na te volg te beproef. Hy openbaar die foute van sommige, sodat ander daardeur gewaarsku kan word om dergelike sondes te versaak. Deur selfondersoek mag hulle vind dat hulle skuldig is aan dieselfde dinge wat God in ander veroordeel. As hulle waarlik begerig is om God te dien en vrees om teen Horn te sondig, sou hulle nie wag tot hulle sondes eers aangewys word voordat hulle dit bely en hulle in ootmoed tot God bekeer nie. Volgens die lig wat God aan ander gee sal hulle die dinge wat God mishaag, laat staan. Maar aan die anderkant, as diegene wat nie reg is nie uitvind dat hulle skuldig is aan die sondes wat in ander veroordeel word, steeds voortgaan op dieselfde weg omdat hulle nie spesiaal by naam genoem is nie, stel hulle hulle eie siele in gevaar, en sal van die duiwel gevang word om sy wil te doen.”UG1 256.2

    “Aan my is getoon dat die sondes en foute van almal, in die wysheid van God, nie geopenbaar sal word nie.UG1 257.1

    . . . Almal wat skuldig is word in hierdie indiwiduele ge-tuienisse aangespreek, alhoewel hulle name nie in die spesiale getuienisse genoem mag word nie; en as persone hulle eie sondes oor die hoof sien en bedek omdat hulle name nie spesiaal genoem is nie, sal God hulle nie voorspoedig maak nie. Hulle sal nie in die Christelike lewe vordering maak nie; hulle sal meer en meer in die duisternis verkeer totdat die lig van die hemel heeltemal aan hulle ontneem word.”UG1 257.2

    In ‘n gesig wat ek omtrent twintig jaar gelede gehad het, “is ek beveel om algemene beginsels, mondelings en skriftelik, neer te lê, en terselfdertyd gevare, dwalinge en die sondes van sommige te spesifiseer, sodat almal gewaarsku, bestraf, en van raad bedien kan word. Ek het gesien dat almal hulle eie harte en lewens noukeurig moet ondersoek om te sien of hulle nie dieselfde foute begaan het waarvoor ander bestraf is nie, en of die waarskuwings aan ander gegee nie ook op hulle van toepassing is nie. Indien dit die geval is, moet hulle voel dat die raad en bestraffings, spesiaal ook vir hulle bedoel is, en hulle moet dit prakties toepas asof dit spesiaal aan hulle adres gestuur was. . . . Dis Gods plan om die geloof van almal wat voorgee om navolgers van Christus te wees, op die proef te stel. Hy sal die opregtheid van die gebede van almal op die proef stel wat voorgee dat hulle graag wil weet wat hulle plig is. Hy sal ons plig duideiik maak. Hy sal aan elkeen voldoende geleentheid gee om hulle lewens te ontwikkel.”UG1 257.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents