Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Laat Reent sal Oorvloediger Wees

    So kan dit nou ook wees. Laat Christene alle tweedrag uit die weg ruim en hulleself aan God toewy vir die redding van verloregaandes. Laat hulle in geloof vra om die beloofde seën, en dit sal kom. Die uitstorting van die Gees in die dae van die apostels was die “vroeë reent,” en die gevolge was heerlik. Maar die laat reent sal oorvloediger wees. Wat is die belofte aan diegene wat in die laaste dae lewe? “Keer terug na die vesting, o hoopvolle gevangene! Ook kondig Ek vandag aan dat Ek julle dubbeld sal vergoed.” “Bid die Here om reën in die tyd van die laat reëns; die Here maak die weerligte, en Hy sal aan hulle ‘n stortreën gee, aan iedereen plante op die veld.” Sag. 9: 12; 10: 1.UG1 20.1

    Christus het verklaar dat die goddelike invloed van die Gees met Sy navolgers sou wees tot aan die einde. Maar die belofte word nie gewaardeer soos dit behoort nie; en daarom word dit ook nie vervul soos dit kan wees nie. Die belofte van die Gees is ‘n saak wat min oor gedink word; en daarom is die gevolg ook maar net wat kan verwag word — geestelike verdorring, geestelike duisternis, geestelike agteruitgang en dood. Sake van mindere belang neem die aandag in beslag, en die goddelike krag wat nodig is vir die opwassing en vooruitgang van die kerk, en wat alle ander seëninge sal meebring, word gemis, alhoewel dit sonder mate aangebied is.UG1 20.2

    Dit is die gemis van die Gees wat die evangeliebediening so kragteloos maak. Geleerdheid, talente, welsprekendheid, en elke natuurlike of aangeleerde vermoë mag daar wees, maar sonder die teenwoordigheid van die Gees van God sal geen hart aangeraak en geen sondaar tot Christus gewin word nie. Dog aan die anderkant, as hulle in verbinding is met Christus, as hulle die gawes van die Gees besit, sal die armste en die ongeletterdste onder Sy dissipels krag hê wat harte sal beweeg. God maak hulle kanale waarlangs die magtigste invloede van die heelal kan vloei.UG1 20.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents