Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Krag Deur Gehoorsaamheid

    ’n Plegtige verantwoordelikheid rus op diegene wat die waarheid ken, dat hulle werke sal ooreenstem met hulle geloof; dat hulle lewens verfynd en geheilig sal wees en dat hulle toegerus sal wees vir die werk wat spoedig moet gedoen word in hierdie laaste dae. Hulle het geen tyd of krag om te verkwis deur toe te gee aan hulle aptyt nie. “Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sonde uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom.” Hierdie woorde behoort nou tot ons te kom met groter erns. Daar is baie van ons wat gebrek ly aan geestelikheid, en wat, as ons nie heeltemal tot bekering kom nie, sekerlik verlore sal gaan. Kan u bekostig om dit te riskeer?UG1 71.2

    Hoogmoed en gebrek aan geloof ontroof vele van die ryke seëninge van God. Daar is baie wat, as hulle hulle nie voor die Here verootmoedig nie, verbaas en teleurgestel sal wees wanneer hulle die geroep hoor, “Daar kom die bruidegom!” Hulle het slegs ‘n teoretiese kennis van die waarheid, dog het geen olie in hulle vate by hulle lampe nie. In hierdie tyd moet ons geloof in die derdeengelboodskap nie slegs by blote instemming of teorie bly nie. Ons moet die olie van die genade van Christus hê, wat ons lampe sal voed en die lewenslig sal laat uitstraal en die weg sal aanwys vir diegene wat in die duisternis verkeer. As ons nie ‘n sieklike Christelike ervaring wil hê nie, moet ons dadelik en met erns ons verlossing uitwerk met vrees en bewing. Daar is vele wat nie besliste bewys lewer dat hulle getrou is aan hulle doopsbeloftes nie. Hulle ywer is deur vormlikheid, wêreldse ambisie, hoogmoed, en eieliefde verkoel. Nou en dan word hulle gevoelens opgesweep, maar hulle val nie op die Rots, Christus Jesus nie. Hulle kom nie tot God met harte, gebroke deur berou en skuldbelydenis nie. Diegene wat ware bekering in hulle harte ondervind, sal die vrug van die Gees in hulle lewens openbaar. O, dat diegene wat so min geestelike lewe het, tot ‘n besef mag kom dat die ewige lewe alleen gegee word aan dié wat die goddelike natuur deelagtig word, en wat die verderf ontvlug wat in hierdie wêreld is, deur die begeerlikheid!UG1 71.3

    Die krag van Christus alleen kan die hart en gemoed verander, wat almal moet ondergaan wat die nuwe lewe met Hom in die koninkryk van die hemel wil deelagtig wees. “As iemand nie weer gebore word nie,” het die Heiland gesê, “kan hy die koninkryk van God nie sien nie.” Joh. 3: 3. Die godsdiens wat van God kom, is die enigste godsdiens wat ons tot God kan voer. Ten einde Hom op die regte wyse te kan dien, moet ons deur die goddelike Gees gebore word. Dit sal ons tot waaksaamheid stem. Dit sal die hart reinig en die gemoed vernuwe, en ons ‘n nuwe vermoë skenk om God te ken en lief te hê. Dit sal ons tot ‘n gewillige gehoorsaamheid aan al Sy vereistes bring. Dit is ware aanbidding.UG1 72.1

    God eis van Sy volk gedurige vooruitgang. Ons moet besef dat toegee aan die aptyt die grootste hindernis is tot verstandelike ontwikkeling en die heiligmaking van die siel. Met al ons belydenis van gesondheidshervorming, eet baie van ons verkeerd. Die toegee aan aptyt is die grootste oorsaak van liggaamlike en geestelike kragteloosheid, en dis grotendeels die grondoorsaak van swakheid en ontydige dood. Laat die persoon wat trag om ‘n reine gees te bekom, onthou dat daar in Christus krag is om die aptyt te bedwing.UG1 72.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents